Een aand, ek was so 16 of 17 jaar oud, so tussen slaap en wakker – jy weet, daardie tussenin gevoel, sien ek die beeldskoonste visioen van ‘n kledingstuk – ‘n eenstuk kortbroek pak (deesdae ‘n “onesy” genoem). Wat ‘n amazing ervaring! Ek kon die materiaal duidelik sien, ervaar hoe dit drapeer en die manier waarop dit die hele voorkoms pas en bymekaar bring.
Kort daarna het my journey begin. My 16/17-jarige gedagtes moes eers sin maak van hierdie happening. Alles wat ‘n opzooch of ‘n flip nodig gehad het, het ek beetgekry. Ek het van my ouer klere uitmekaar geknip waarvan ek patrone gemaak het. Op die piepklein dorpie waar ek gebly het, was geen exposure tot mooi goed in winkelversters en daar was geen internet of selfone nie. Klink ondenkbaar ne? Ek moes alles wat ek uigedink het, maak werk en planne maak – veral bykomstighede. Ek het alles gelees en gekyk waarop ek my hande kon lĂȘ en sodoende geleer. Tydskrifte, boeke en alles uit ons pragtige, goed-toegeruste munisipale biblioteek.
Kuier by my beautiful tafel en stap saam met my deur my lewens-journey. My journey met alles wat ‘n flip nodig gehad het. My Skepper, verhoudinge, myself, klere, meubels… Dalk is daar raakpunte tussen my en jou flips – en kan ons van mekaar leer!
