flipping furniture

Hierdie is die allerheerlikste van alle flipping projekte.  Om te sien hoe iets wat op die ashoop beland het, nuwe fatsoen kry en nuttig is, is fabulous.  Mens moet  absoluut vir seker jou verbeelding vrye teuels gee.  Trek ek die stuk aan – soos mens klere sou aantrek vir ‘n sekere look.  Ai-jai-jai! Elke furniture flipping-projek is ‘n heerlike meesterstuk!    

Projek-idees

Ek behoort aan ‘n paar WhatsApp groepe in my omgewing wat alles tweedehands verkoop teen weggee-pryse. Soms snuffel ek op bou-sites en tussen weggooi-goed. Daar het ek asvaal diamante ontdek, wat die mooiste goed geword het! Soms soek ek iets funksioneel vir my huis, dan sal ek ‘n item vir daardie doel soek, anders hergebruik ek ‘n stuk, haal ‘n deksel af of sit een op. Soms het meubels nodig om hulle oorspronklike kleur en fatsoen te behou. Dan is daar van daardie losbandige soort wat my hart soos ‘n sportmotor se enjin laat tik. Die plan neem vorm aan en ek kan ek nie wag om te begin nie. Dan staan ek terug met gechipte naels en vuil hande – magic! Dit is daardie rush wat die flipping journey dit werd maak!

Onlangse Posts

Volg my op Sosiale Media

Scroll to Top