
Sonder die Journey met Jesus sou geen ander journey bestaan het nie. In My Storie het ek jou teruggeneem na die begin. Ek glo wat ek daardie aand ervaar het, was van Hom. Hier share ek my Walk with Jesus met jou. Onthou…dit verskil vir almal. Dit is absoluut seker dat daaglikse groei en fulfillment die gevolg is – in my taal – flipping. Toe ek heelwat jonger was, was ek bewus van Hom, maar ons verhouding het met tyd meer intiem geword. Dankie Here dat U my so liefhet om ‘n verhouding met my te verlang. Hy verlang dit ook met jou…
Die Bybel is my verwysingsraamwerk. Jy kan daarin lees van oorlog, verraad, passie en liefde. Ek lees graag die ’53-vertaling in Afrikaans, maar het onlangs The Passion Translation ontdek (tans net in die Nuwe Testamant). Die Boodskap-vertaling lees soos ‘n novel.
Ek vertel jou van...
- bybelstudie
- gesprekke
- waar ek inpas in Sy plan
- verandering

