Personal Journey

“When we are no longer able to change a situation, we are challenged to change ourselves” – Viktor Frankl

wie is ek

Daardie dag, toe ek die wêreld die eerste keer gevoel het, het my personal journey begin.  Alles waaroor ek vandag nog versot is se bekoring het vroeg in my lewe begin. “Things that excite you, are not random.” 

Boeke en naaldwerk was my eerste journeys. Ek het as klein dogtertjie met my ma se Singer masjien vir my poppe klere gemaak. My ma het ewe geduldig elke keer die spoeletjie van die masjien kom verstel as ek alles gekoek het. Die munisipale biblioteek was net oorkant die straat. Drie maal per dag boeke gaan uitneem sonder dat ek ‘n woord kon lees, maar nogtans die bibliotekaresse goed laat verstaan dat ek glad nie Engels verstaan nie en daarom nie Engelse boeke kan uitneem nie. My eie stories uit die boeke opgemaak en vir my poppe opgedis.  My dans-liefde het ook ongeveer dieselfde tyd begin. Met my rokkie langs die dansbaan gedraai en geswaai op maat van die musiek op elke troue.   

Nee, ek weet nie waarom ek versot is op slap tjips, druiwe op brood, my man en rooi nie, maar ek is. Ek weet ook nie hoekom ek meer van kaaskrulle as Nik Naks hou nie. Ek kyk glad nie sport nie, maar het as kind uitgeblink op die atletiekbaan.  Alles journeys! Ek’s so nuuskierig oor so baie dinge.  As ons reis en ons wonder saam oor iets, is vriend Google mos in my handsak.

 Elke journey op sy eie tyd.  Elke dag wag iets nuuts om ontdek te word.  Kyk uit, want hulle is daar. Hou spontaan en sonder ongeïnhibeerd boek daarvan – lees dit terug. Dan verstaan jy waar jy was en waar jy nou is – dit is jou flipping journey!  

Onlangse Posts

Volg my op Sosiale Media

Scroll to Top