In Meet The Team het julle My Mense ontmoet. My liefste, liefste darling man, wat my lewe spice en inkleur. Drie kinders – Nikolai, Marizanne en Diaan. Nikolai is die oudste. Ek en Daan is in 2008 getroud en ek het twee kids bygekry, plus ‘n raakvat-raadgee-wyse-lekker-lag skoonma, Drien. Vandaar die naam – kitsgesin. Dit is ons omtrent.
Dan is daar die BFF’s, Hester en Nico. Ek en Daan was saam met hulle op skool. Ons paadjie het na skool in 2008 weer met hulle gekruis. My enigste Boeta, sus Chereen en hulle kids, Theo en Christiaan is langs hulle.
Elkeen van hierdie mense het op een of ander manier my lewe versier en voller gemaak. Verhoudinge word nie oornag gebou of in stand gehou nie, dit kos harde werk en baie bid. As ek dit 30 jaar terug moes gehoor het, sou ek dit heel moontlik nie geglo het nie. Langs die pad verander mens, bou nuwe verhoudinge, maar met elkeen van hierdie kosbare mense stap ek steeds die pad. Dankie Here vir My Mensexxx
No related posts.




