Hierdie deel van my journey sou nie moontlik gewees het ek as ek nie geweet het wie ek is nie. Waarom het ek sekere keuses gemaak? Ding is, mens hou jouself en jou persoonlike groei terug as mens gedurig terugkyk. Eers toe ek myself begin ondersoek het, het die puzzle duideliker geword. God wil hê dat ek in Sy volheid en Sy plan vir my lewe inbeweeg, nie gedurig in die verlede rondvroetel nie.
Ek heg ‘n link hierby aan waarin jy ‘n klompie vrae beantwoord wat jou kan help om sin te maak van jou persoonlikheid. Dit was asof hierdie mense met my familie gepraat het, so spot-on is dit. Nadat ek hierdie gedoen het, het ek myself beter verstaan, sin maak, vrede maak en vorentoe beweeg. Volg die link, doen dit, en laat weet my hoe jy die resultaat gevind het, sal jy? 16 Personalities toets: https://www.16personalities.com/free-personality-test
No related posts.




