Ek het op een van daardie einste WhatsApp groepe hierdie kas teëgekom. Toe ek begin skuur, kom die Oregan Pine uit. Dit was omtrent ‘n vonds. Ek kon glad nie sien wat onder die aaklige swart storie aan die gang was nie. Dit was regtig nie ‘n op-die-oog-af mooi kopie nie, maar eerder om bêreplek te maak. Wat wel ‘n tameletjie was, was om uit te figure hoe om die hout van die blad bo-op en die hout teen die deur mooi gevoed te laat lyk. Van die staan in die wind en weer en afskuur, het die Woodoc Furniture Wax wat ek gebruik het, net ingesuig en hout het asvaal voorgekom. Op navraag het my Boet
voorgestel dat ek ‘n botteltjie van daardie outydse olie waarmee almal van ons se ouers hulle meubels behandel het, aanskaf. Ek het Burmese Teak Oil sommer in my plaaslike inkopie-winkel gekry. En kyk nou net daar – beeldskoon! So, onthou hierdie perfekte olie vir jou volgende flipping projek!
No related posts.




